Hierdie boek bevat 'n 46 kort verhale wat die lewe van 'n boervrou in die suide van Namibie uitbeeld. Haar drome, haar liefde vir die grond en die ongenaakbare realiteit van 'n droogtegeteisterde land. Tog ook die stories van die ligter oomblikke van die lewe, die lief en leed waarmee menige gesin hul sal kan vereenselwig. Van 'n lewe wat deur droogte getoets word, maar mens met steeds aanhou leef, liefhe en droom.
Hester Steenkamp is die wenner van twee ATKV Veertjies, die Herman van van Wyk Prosaprys en die Oswald Rall Theart-prys.